April 23, 2021

Moenie opgaar nie, gooi ui!

Baie van ons is geneig om deur die loop van ’n jaar baie dinge in ons huis op te gaar. Soms kry ons nie die tyd om goed uit te sorteer en weg te gooi nie. Voor jy die nuwe jaar binnegaan, is dit die perfekte tyd om jou huis se kaste uit te sorteer.

Klerekaste

Gaan deur jou huis se klerekaste en gooi alles uit wat jy nie dié jaar gedra het nie. Indien jy nie iets die jaar aangetrek het nie, is die kanse dat jy dit volgende jaar gaan gebruik, skraal. As jy die jaar gewig verloor het, gooi al die groter klere uit. Moet jouself nie weer die geleentheid gee om dit aan te trek nie. Indien jy kinders het, gaan ook deur hulle kaste. Kinders groei baie vinnig en daar sal klere wees wat hulle lankal nie meer pas nie.

Kinders se speelgoed

Kinders is geneig om vir twee dae met ’n speeding te speel en dan daarvan te vergeet. Pak al jou kinders se ou speelgoed en goed waarmee hulle nie meer speel nie in ’n swartsak en skenk dit aan kinderhuise of minderbevoorregtes.

Ou tydskrifte

Alhoewel alles deesdae digitaal is, koop sekere mense nog tydskrifte. Jy kan die twee laaste maande se tydskrifte hou. Raak ontslae van al die ander ou tydskrifte. Jy kan dit in jou plaaslike munisipaliteit se herwinningsak plaas of in ‘n houer vir herwinbare items op jou dorp.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: