“Ons is by die huis. Hierdie ongelooflike sonsondergang was gisteraand en ons het ‘n beeldskone Betlehem-ster Maandagaand gesien. Ons, as familie, sien die ster as ‘n belofte van God ná hierdie jaar,” vertel sy. “Ons het besluit om as gevolg van Covid-19 nie op vakansie te gaan nie, maar eerder ‘n bietjie te gee aan ander wat dit nodig het na hierdie jaar, om ‘n glimlag op hulle gesigte te sit!”



