WES-KAAP. – Die EFF versoek die inhegtenisneming van ’n boer op Worcester nadat ’n vrou glo ernstig deur ’n hond wat na bewering deur die boer losgelaat is, gebyt is.
FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer, word ondersoek. Daar is nog niemand in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.
Die EFF het in ’n verklaring gesê die voorval weerspieël hoe plaaswerkers regtig op plase behandel word. Die party sê verder hulle kan hulself net indink watter pyn daardie vrou moes deurgaan.
Volg FiND iT hier.



