Jo Black het ‘n foto op Facebook geplaas van hom in ‘n Kersvaderpak. Hy wens sy aanhangers ‘n geseënde Kersfees toe.
“Ek is nie mal oor melk en koekies nie, so los gerus biltong en groen monster langs die kaggel as jy wil hê ek moet presente aflewer. Mag almal veilig, gesond en geliefd wees hierdie seisoen,” skryf Black op Facebook.
“Ek wag vir 2021 soos ’n kind op Kersaand, vol hoop en vertroue dat dit een wonderlike jaar vir almal gaan wees.”
Volg FiND iT hier.



