Owerhede doen ‘n beroep op motoriste om geduldig en ekstra waaksaam op die paaie te wees. Padgebruikers moet ook ten minste elke twee ure of 200 km stop en rus.
Dit volg na ’n botsing van voor tussen twee ligte voertuie op die N1 tussen Touwsrivier en De Doorns. Aanvanklike verslae dui daarop dat drie mense beseer is en vier mense tydens die ongeluk dood is. Die oorsaak van die ongeluk is onduidelik en sal ondersoek word.
Hierdie deel van die pad was vir ’n geruime tyd gesluit, maar is reeds op vir verkeer.
Volg FiND iT hier.



