Maak ‘n kleurwiel uit melk

Deel hierdie storie / Share this story

As jy gewone kleursel by melk gooi, gebeur daar nie veel nie, maar die oomblik wanneer jy skottelgoedseep bygooi, is dit ‘n ander storie.

Wat jy gaan benodig

melk
voedselkleursel
skottelgoedseep
oorstokkie
bord

Hoe jy moet maak

Gooi genoeg melk op ‘n bord om die bodem te bedek. Drup druppeltjies van die verskillende kleure voedselkleursel op verskillende plekke bo-op die melk. Druk die oorstokkie se punt in ‘n bietjie skottelgoedseep. Raak dan net liggies met die punt van die oorstokkie aan die melk. Moenie die melk roer nie, die kleursel sal self rondbeweeg. Siedaar, jou eie kleurwiel!

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1190904874657870&id=441831859565179