▶️KYK: Reddingswerker red baba-olifant se lewe

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Reddingswerker in Thailand het Sondag ‘n baba-olifantjie se lewe deur middel van kardiopulmonêre resussitasie gered na dié kalfie deur ‘n motorfiets raakgery is.

Mana Srivate het in sy lewe as reddingswerker baie maal kardiopulmonêre resussitasie uitgevoer, maar nog nooit op ‘n olifant nie!

Srivate is Sondag laat na ‘n ongelukstoneel uitgeroep waar ‘n motorfiets met ‘n olifantkalfie wat die pad probeer oorsteek het, gebots het.

‘n Video van Srivate wat kardiopulmonêre resussitasie op die olifantjie uitvoer, is op sosiale media aangestuur.

Nie die olifant of die motorfietsryer het ernstige beserings opgedoen nie.

Srivate het aan Reuters gesê dat dit vir hom instink was om die olifant se lewe te red. “Toe die olifantjie begin beweeg het, het ek byna begin huil,” sê hy.