Carmé Lombard (17) sterf weens bloedklonte

Foto: Facebook

Daar word eerskomende Maandag ’n gedenkdiens gehou vir die 17-jarige Carmé Lombard wat Maandag in die Busamed-hospitaal in Bloemfontein oorlede is.

Haar ma, Susan Lombard, sê sy is om 01:15 oorlede. “Bloedklonte in haar longe is wat haar dood veroorsaak het. Sy was ’n gesonde kind. Sy het net ’n onderliggende siekte gehad wat niemand van geweet het nie,” vertel haar ma. “Die klonte is eers in die hospitaal opgemerk.”

Carmé was ’n gr. 11-leerling aan Hoërskool Landboudal. Sy het Sondagaand op ’n plaas in Bainsvlei gekuier toe sy net skielik inmekaargesak het.

Die skool het op hulle Facebook-blad aan Carmé hulde gebring.

Dis met groot hartseer om vanoggend afskeid van een van ons Lantiekinders te neem. Carme, jy was 'n engel vanuit die…

Posted by Landboudal Boere on Monday, December 21, 2020

“Dis met groot hartseer om vanoggend afskeid van een van ons Lantiekinders te neem. Carmé, jy was ‘n engel vanuit die Hemel wat aan ons geleen was,” lui die plasing. “Landboudal en al sy leerders gaan jou mooi, opregte en vrolike karakter verlang. Sterkte aan die geliefdes en familie in hierdie uiters moeilike tyd. Landboudal bid julle God se seën en vertroosting toe.”

Carmé se verassing vind Woensdag plaas. Sy word deur haar ma, haar pa, Pierre en twee sussies, Larischa (15) en Lana (12), oorleef.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *