Twee beseer in ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

BETHAL. – Twee mans is beseer, een kritiek, toe ’n bakkie en ’n vragmotor op die R545, ongeveer 10 km buite Bethal, gebots het.

ER24-paramedici het om 21:00 op die toneel opgedaag en ’n  bakkie gevind wat gedeeltelik onder ’n  sleepwa vasgevang is. Daar is gevind dat ’n tweede bakkie die eerste bakkie van agter gestamp het.

By nadere ondersoek het paramedici gevind ’n man is in ’n kritieke toestand in die bakkie vasgekeer. Die bestuurder van die tweede bakkie het ligte beserings opgedoen.

Die provinsiale brandweerdienste moes byna twee uur lank met gespesialiseerde reddingsgereedskap sukkel om die man uit die voertuig te bevry.

Die beseerdes is na die Bethal-provinsiale hospitaal vir verdere sorg vervoer.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.