DOORNPOORT. – ‘n Man is Dinsdagoggend in Doornpoort in sy motor by ‘n verkeerslig doodgeskiet.
Kol. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, sê die polisie is tans op soek na die verdagtes.
“Hy het omstreeks 07:30 by die verkeerslig gestop toe ‘n ander motor langs hom gestop het. Net voor hy kon verder ry, het die mans op hom begin skiet,” sê kol. Makhubela. “Hy het aan sy wonde beswyk.”
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.



