Dié lande verbied Suid-Afrikaanse reisigers

Deel hierdie storie / Share this story

Die tweede vlaag van Covid-19 het onlangs in Suid-Afrika uitgebreek. ’n Verskeidenheid van nuwe maatreëls is nie net in Suid-Afrika ingestel nie, maar ook in ander lande in die wêreld.

’n Nuwe variant

Dr. Zwelini Mkhiza, die minister van gesondheid, het verlede week gesê wetenskaplikes hier in Suid-Afrika het ’n variant van die SARS-COV-2-virus – wat tans 501.V2-variant genoem word – geïdentifiseer. Die bewyse wat sover versamel is, dui sterk daarop dat die huidige tweede golf wat ons beleef, deur hierdie nuwe variant aangedryf word.

Geen Suid-Afrikaners vir hierdie lande nie

Die volgende lande gaan nie meer Suid-Afrikaners toelaat nie:

  • Mauritius
  • Switserland
  • Turkye
  • Duitsland
  • Israel
  • Saoedi-Arabië

Volg FiND iT hier.