Kyk, só het die Bethlehem-ster gisteraand gelyk

Verskeie Suid-Afrikaners kon nie gisteraand soos die res van die wêreld die Bethlehem-ster sien nie. Groot dele van die land was digbewolk en geen ster was eers sigbaar nie.  Alhoewel baie mense ongelukkig was, was baie ook weer bly oor die reën wat die droë dele ontvang het.

Die twee planete saam

Daar was wel ’n paar gelukkige mense wat die besonderse verskynsel kon sien. Hier is ’n praat foto’s wat deur mense geneem is.

Die Bethlehem-ster het verskyn omdat Jupiter en Saturnus nader aan mekaar beweeg het. Jupiter het die helderste geskyn, met Saturnus wat net langs hom was. Die twee planete saam het soos een groot helder ster geskyn. In werklikheid was die twee planete 0.1 grade uitmekaar.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *