September 24, 2021

DA verwag binnekort uitspraak oor strande

Foto: Unsplash

Die hooggeregshof in Kaapstad het Maandag uitspraak voorbehou in die Demokratiese Alliansie (DA) se aansoek om strande in die Tuinroete-distrik te heropen.

“Die uitspraak is voorbehou, maar ons is vol vertroue dat dit in die komende dae uitgespreek sal word.”

President Cyril Ramaphosa het verlede week aangekondig strande in dié distrik sal tydens die feestyd gesluit wees om die verspreiding van Covid-19 te vertraag.

Die DA het ’n aansoek ingedien om die strande te heropen en voer aan dat die toemaak van strande nie ooreenstem met mediese kenners se opinies oor Covid-19 nie. Verder reken die DA dat die toerisme-ekonomie ook sleg deur die besluit beïnvloed word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *