Maak seep van jou borsmelk

Foto: Pinterest

Het jy geweet dat jy seep met jou borsmelk kan maak? Baie ma’s voel dat borsmelk te kosbaar is om weg te gooi. Borsmelk het nie net al die nodige vitamines en minerale wat jou baba nodig het nie, maar hou ook ander gesondheidsvoordele vir jou baba se vel in.

Wat jy gaan benodig:

Seepbasis (230 ml)
Borsmelk (1 k)
Essensiële olies (paar drupppels)
Poeierpigment (opsioneel)

Metode:

Smelt die seepbasis in die mikrogolf. (Amazon bied ‘n verskeidenheid van seepbasisse.) Vermy oorverhitting. Gooi die borsmelk by die seepbasis en roer dit tot dit goed gemeng is. Voeg daarna ‘n paar druppels essensiële olies by die seepmengsel. As jy kleur wil byvoeg, gooi dan ‘n bietjie van die poeierpigment by. Gooi daarna die mengsel versigtig in seepvormpies. (Amazon bied ook ‘n wye verskeidenheid van vorms en groottes.) Jy kan die mengsel ook in enige skoon houer gooi. Plaas dan die vorms of die houer vir twee ure in die vrieskas om te stol.

As jy ekstra kreatief voel, voeg chiasade, vitamine E-olies of selfs koffie by jou mengsel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: