Dwelms en alkohol is die rede dat meeste tieners van die huis af wegloop.
Alhoewel baie tieners wegloop as gevolg van familieprobleme, bly dwelms of alkohol steeds die hoofrede vir baie tieners se verdwynings.
In jou tiener se ‘grootword’-stadium mag hy of sy dalk eksperimenteer met drank of dwelms. Die probleem is egter wanneer hy of sy miskien té betrokke raak, dan nie weet hoe om dit te hanteer nie en dan besluit om uit vrees of vernedering van die huis af weg te loop.
Jy kan die kans dat jou tiener wegloop, verklein deur na die tekens op te let.
Tekens om na op te let
Jou tiener sal skielik geïrriteerd, depressief of angstig voorkom en homself van familie en vriende distansieer.
Jou tiener sal dalk rebels optree en doelbewus die huisreëls breek.
Jou tiener dreig dalk om weg te loop as jy hom nie sy sin gee nie.
Jou tiener ontvang geskenke of geld van iemand wat jy nie ken nie.
Jou tiener bou miskien ‘n verhouding met iemand wat sy opinie en gedrag in die huis verander. Jou tiener redeneer dalk nou meer met jou as vantevore.
Jou tiener raak seksueel aktief en wanneer sy miskien swanger raak of hy iemand swanger maak, dink hy of sy dalk daaraan om weg te loop.
Jou tiener sukkel miskien by die skool, is onoplettend of baie afwesig in die klas. Jou tiener mag ook minder presteer.
Jou tiener maak hom- of haarself seer met ‘n skerp voorwerp.
Jou tiener begin geld bêre of sy besittings in ‘n rugsak hou.



