Verdagte in hof na moord op swanger meisie

Deel hierdie storie / Share this story

SCHWEIZER-RENEKE. – ‘n Man (34) verskyn in die landdroshof op Schweizer-Reneke na hy op aanklag van die moord op sy 27-jarige swanger meisie in hegtenis geneem is.

Lt.-kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê die man is op 19 Desember in hegtenis geneem.

“Volgens inligting het die verdagte by sy meisie gekuier toe hulle in ‘n argument betrokke geraak het. Die verdagte het sy sewe maande swanger meisie na bewering daarvan beskuldig dat sy hom verneuk.”

Verder sê Funani die verdagte het sy meisie toe na bewering voor haar ma se huis met ‘n mes in haar bors gesteek voor hy haar hospitaal toe geneem het. Sy is in die hospitaal dood.

Die verdagte is dieselfde dag in hegtenis geneem en van moord aangekla.