Sakkie Gerber se foto op by Rooifontein se ingang

Foro: Sakkie Gerber (voor)

’n Foto van Sakkie Gerber, omstrede sakeman van Kimberley, is teen die muur van die sekuriteit se kantoor by Rooifontein se ingang geplak.

Navrae oor of Gerber toegang tot Rooifontein geweier word en waarom dié foto en bypassende koerantberigte teen die muur opgeplak is, kon nie gister deur die bestuur beantwoord word nie.

Vir bedrog

Gerber, wie vir bedrog aangaande die verkoop van motorvoertuie, in die hof verskyn het, is van al dié aanklagte vrygespreek.

Gerber was in ’n jarelange twis aangaande aansoeke om op ’n gedeelte van Rooifontein te delf, betrokke.

Besware teen die aansoek

Luidens die minister van minerale en energie mag Gerber se maatskappye weer op Rooifontein Wildlife Club delf. “Hierdie saak kom al 10 jaar aan. Icapa, De Beers en Wildlife Club het besware teen die aansoek gehad, maar die minister het die mynregte aan my maatskappye toegestaan.”

Volgens Gerber was daar ’n REMDEC- vergadering gehou. In só vergadering is die minister en alle party wat geraak word, teenwoordig.

Bestuur sal vra ondersoek

“Die mense in Kimberley sê al vir my, my foto is by die hek op omdat ek by diamant diefstal betrokke is. Dit is hoe ver hierdie situasie al geëskaleer het.”

FiND iT het navraag by Lucille du Preez van Rooifontein gedoen oor waarom dié foto by die sekuriteitskantoor hier op is. “Ek het die vra met Rooifontein Wildlife Club se bestuur bespreek. Die bestuur sal die vra ondersoek om hulself met die feite vertroud te maak.”

Du Preez se verder hulle sal die betrokke persoon kontak indien daar enigiets is wat hulle moet regstel.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: