Kyk, die Bethlehem-ster verskyn dan

Aan die einde van ‘n rowwe jaar gaan daar ‘n hemelse wonder plaasvind – jy gaan die Betlehem-ster sien.

Jupiter en Saturnus

Hierdie verskynsel gebeur wanneer Jupiter en Saturnus nader aan mekaar beweeg. Dit gebeur slegs elke 20 jaar. Volgens Nasa se verklaring reis die twee planete al die hele jaar saam. Jupiter sal die helderste skyn, met Saturnus wat net langs hom is. Die twee planete saam sal soos een groot helder ster skyn. In werklikheid sal die twee planete 0.1 grade uit mekaar wees.

Geen spesiale toerusting

Om dit te sien het jy geen spesiale toerusting nodig nie. As jy op 21 Desember, ongeveer ’n uur na sonsondergang na die weste kyk, sal die twee planete naby die maan wees.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *