Het jy al ooit ’n lugbevogtiger in iemand se huis gesien en gedink jy wil ook een hê?
’n Lugbevogtiger het ’n paar uitstekende voordele.
Volgens Medical News Today het droë lug ’n klomp negatiewe implikasies op jou liggaam en jou huis. Lugbevogtigers daarenteen hou voordele in.
Vyf voordele van lugbevogtigers
- Voorkom griep – ’n Studie het getoon nadat die griepvirus deur ’n hoes in die lug vrygelaat is, het hoër humiditeitvlakke die virus vinnig gedeaktiveer.
- Bevogtig lug – ’n Hoes se doel is om ontslae te raak van taai slym in jou lugweë. As die lug droog is, kan ’n hoes onproduktief wees. ’n Lugbevogtiger sit vog in die lug wat dan keer dat jou lugweë nie uitdroog nie en help dus jou hoes om sy werk te doen.
- Verminder snork – Droë lugweë kan jou snork nog harder laat klink. Vogtige lug dien as ’n smeermiddel en verminder jou snork.
- Bevogtig jou hare en vel – Sommige mense se hare en vel raak droog tydens die winter as gevolg van die koue lug. Verwarmers en ander toestelle veroorsaak ook droë lug. ’n Lugbevogtiger hou die lug klam en sodoende jou hare en vel ook.
- Beskermende voordele – Lugbevogtigers beskerm houtvloere en ander houtmeubels. Dit kan ook help dat muurpapier nie kraak nie.



