Oom Bushy word 88

Foto: Verskaf

KIMBERLEY – Oom Bushy word vandag 88 jaar oud en op sy ouderdom het hy ‘n voller lewe geleef as baie ander.

Eric Reginald Oliver is in 1932 gebore. Hy het aan Boys High in Kimberley gematrikuleer en daarna het hy begin werk. Behalwe vir ‘n vakleerling by Northern Diesel Services en senior vervoerbeampte by Sol Plaatje-munisipaliteit, was oom Bushy ook ‘n professionele boksafrigter.

Bokslegendes soos Charlie Weir en baie ander jong boksers is oor die jare deur sy hande.

Oom Bushy is egter nie net aan Kimberliete bekend nie. Hy is ook vir baie jare al ‘n passievolle ondersteuner van die Griekwas-rugbyspan en ook ander sportspanne. In die vroeër 2000’s het hy net voor ‘n wedstryd tussen die Vodacom Cheetahs en die Hurricanes met ‘n valskerm op die veld geland.

Daar is selfs ‘n boek, getiteld Hi, I’m Bushy, oor sy lewe geskryf.

Vir sy verjaardag bring oom Bushy die naweek by sy kleinseun deur.

Baie geluk, Oom Bushy!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *