Ma van die week: Yolande Conradie

Foto: Facebook

“Sy is nie net ’n persoon wat haarself altyd tweede stel ter wille van ander nie, maar sy is ’n WONDERLIKE ma vir twee beeldskone kinders, Anthony en Charlene. Alhoewel hulle nie haar eie is nie, versorg sy hulle al van geboorte af.”

Yolande is deur haar man, Gert Conradie, genomineer vir ma van die week.

Deur moeilike en amper onmoontlike tye vind sy die krag en energie om na haar familie en al haar geliefdes om te sien. Sy maak alles van die beste moontlik vir die twee rakkertjies en skep ’n huishouding vol liefde en omgee vir hulle. Sy is werklik ’n ma 10 000. Sy is nie net ma van die week nie, sy is ma van die jaar!”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *