Man kry operasie om muntstuk na 53 jaar uit sy neus te verwyder

Deel hierdie storie / Share this story

Rusland. –  ’n Man (59) het vir 53 jaar met asemhalingsprobleme weens ’n muntstuk wat in sy neus vasgesit het, gesukkel.

Die man het glo as sesjarige dié muntstuk in sy neus opgedruk en toe dit vassit, was hy te bang om vir sy streng ouers daarvan te vertel. Met die tyd het hy vergeet van die kuiergas in sy neus.

Die man het 53 jaar met asemhalingsprobleme geleef sonder om te weet waarom. Onlangs het hy dokters in Zelenograd, Rusland geraadpleeg en ’n CT-skandering het aan die lig gebring dat sy regterneusgang deur iets geblokkeer is.

Rinoliete het ook rondom die muntstuk begin vorm, wat die man se asemhalingsvermoë beperk het. Die dokters van die Konchalovsky City Clinical Hospital het ’n operasie onder algemene narkose uitgevoer en die muntstuk is verwyder.