Vir ingeval jy miskien nog wonder wat om vir Kersdag vir poeding te maak, hier is ‘n maklike en vinnige resep vir ‘n lekker koue koekstruif!
Wat jy gaan benodig:
8 – 10 stukkies sponskoek (elk in ‘n 5 cm-vierkant gesny of 6 snye rolkoek)
fyn appelkoos- of frambooskonfyt
125 ml (1/2 k) soetwyn
60 ml (4 e) gekapte okker- of pekanneute
4 stukke waatlemoen- of groenvyekonfyt, fyngekerf
30 ml (2 e) gekapte gemmer in stroop
gedreineerde ingelegde perskesnippers
750 ml (3 k) koue vla
rooi en groen jellie
geklitste room
glanskersies
Hoe jy moet maak:
- Plaas die koekblokkies twee-twee op mekaar met ‘n dik laag konfyt tussenin, of gebruik rolkoeksnye. Pak dit in ‘n poedingbak.
- Giet soetwyn bo-oor sodat al die stukkies klam word.
- Gebruik die helfte van die neute, konfytstukke, gemmer en perskesnippers en strooi dit tussen en oor die koek.
- Giet van die vla oor die koek en colf dit op met nog ‘n laag neute, konfytstukke, gemmer en perskesnippers. Eindig met ‘n laag vla. Laat 1 uur of langer week.
- Versier die poeding met gestolde rooi en groen jellie en geklitste room, en strooi die orige neute en glanskersies bo-oor, of versier volgens keuse.
Resep: Kook & Geniet



