Om te oefen, het mens nie die duurste of selfs enige gimnasiumtoerusting nodig nie. Nie almal het die tyd of finansies om die gym gereeld te besoek nie. Ons moet nie dat hierdie struikelblokke ons van oefen weghou nie.
Blikkies ingemaakte kos as gewigte
Daar is verskeie ander maniere om steeds goeie resultate te kry. Met hierdie oefening gaan jy jou grootste boarmspier (biceps) gebruik. Jy kan twee blikkies ingemaakte kos as gewigte gebruik. Jy kan selfs botteltjies vol water maak en gebruik.
Volg hierdie stappe:
- Staan met jou voete skouerwydte uitmekaar uit met ’n blikkie in elke hand. Jou elmboë moet op jou sye rus en jou voorarms moet voor jou lyf uitsteek.
- Bring die blikkies tot by jou skouers deur jou elmboë te buig. Sodra jy bo is, hou dit vir drie tellings daar.
- Laat jou voorarms tot by die beginposisie sak. Herhaal hierdie stappe.
Volg FiND iT hier.



