Terwyl elke winkelsentrum in Suid-Afrika oop is en vakansiegangers reeds duisende rande aan verblyf bestee het, voel Bheki Cele strandgangers volg nie die maatreëls van Covid-19 nie.
Die besluit van die regering om strande te sluit en beperkinge in te stel, druis teen die voorstelle dat mense juis in die buitelug, waar daar baie ventilasie is, moet tyd spandeer.
Cele het strande in die Wes-Kaap gister saam met die media besoek.
Strande wat hulle besoek het, sluit in Kampsbaai, Strand, Clifton, Munwabisi, Big Bay, Strandfontein, Macassar en Mnandi.
Kaapse strande is oop vir die publiek tussen 06:00 en 18:00.
“Die land se eerste vakansiedag tydens vlak een van inperking op die strande was minder besig as gewoonlik. Diegene wat kom swem het, het wel hulle maskers gedra en sosiale distansiëring gehandhaaf. Later die dag het al hoe meer mense die strand besoek en niemand het hulle aan die gesondheidsmaatreëls gesteur nie,” sê Cele.
Cele het verder gesê dat hy dié waarnemings op die strand met die nasionale koronavirusraad sal bespreek.



