Ons almal geniet ’n lekker koue roomys op ’n warm somersdag. Dis net regverdig dat ons vierpotige kinders dieselfde bederfie geniet.
Die volgende is ’n roomys resep vir jou honde, deur Uarihes.
Benodighede:
- Vier koppies vetvrye Bulgaarse jogurt
- Een piesang
- ’n Bakkie aarbeie
- ’n Klein bietjie heuning (honde mag net ’n klein hoeveelheid op ’n slag inneem)
Metode:
- Druk die aarbeie en piesangs fyn.
- Meng die jogurt met ’n klein bietjie heuning
- Giet in ’n houer, ysbakkies werk lekker en vries oornag.



