Stop, drink eers ’n glas water

Met temperature wat al hoe hoër word, is ons geneig om koue koeldrank te gryp en te drink, al weet ons hoe belangrik dit is om elke dag water te drink.

Om gehidreer te bly, help om jou liggaamstemperatuur te handhaaf. Jou liggaam verloor water deur sweet tydens fisieke aktiwiteit en in warm omgewings. Sweet is belangrik om jou liggaam af te koel. Die water wat jy verloor, moet jy vervang deur water te drink. Wanneer jy dehidreer, verloor jou liggaam elektroliete en plasmas.

Hardlywig

Indien jy met hardlywigheid sukkel, kan dit ook wees omdat jy te min water drink. Jy kan ook magnesium en vesel in jou dieet vermeerder om hardlywigheid te voorkom.

As jy meer water drink, kan dit jou metaboliese tempo verhoog. ’n Vinniger metabolisme het  ‘n positiewe impak op jou energievlak.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: