DA dien dringende hofaansoek oor strande in

Deel hierdie storie / Share this story

Die DA het ’n dringende hofaansoek teen die regering se besluit om strande vir die hele feestyd te sluit, voor die hof gebring.

Die aansoek is Donderdag by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien nadat pres. Cyril Ramaphosa en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma versuim het om op die sperdatum te reageer.

Die president het Maandag aangekondig dat al KwaZulu-Natal en Tuinroete se strande vir die feestydperk gesluit sal wees.