JOHANNESBURG. – Teboho Thokoane (38) is skuldig bevind nadat hy vyf mense op ‘n plaas uit wraak doodgeskiet het.
Die wraakaanval beplan
’n Man, moontlik bekend aan Thokoane, het na bewering na ’n plaas op Ogies gegaan en ’n man geskiet. Die gemeenskap was woedend toe hulle van die voorval hoor. Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is toe deur gemeenskapslede aangeval waarna hy aan sy beserings beswyk het. Thokoane en nog drie mans het toe ’n wraakaanval beplan.
Een is beseer
Die vier mans het na ’n plaas op Ogies gegaan en skote begin afvuur. Vyf mense is tydens die voorval dood en een is beseer.
Thokoane sal weer op 8 Februarie in die hof vir vonnisoplegging verskyn.
Volg FiND iT hier.



