Covid-19 in SA: Só lyk die syfers nou

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika se infeksiesyfer het oornag met 10 008 meer geword. Dis die eerste keer sedert Augustus dat die infeksiesyfer binne 24 uur met soveel meer word.

Daar is nou 883 687 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 23 827 en 774 585 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 968 692 toetse vir die virus doen.