February 25, 2021

Is maagvet jou grootste vyand?

Maagvet is ’n groot vyand van baie mense. Dit vorm as gevolg van ’n ophoop van vet wat lei tot ‘n groter middellyf. Maagvet word gewoonlik gevorm wanneer mense middeljarig word, na ’n swangerskap, of as daar meer kalorieë ingeneem as verbrand word.

Wat presies veroorsaak maagvet?

Een van die hoof oorsake van maagvet is bloot te veel eet en te min beweging. Dit kan ook wees as gevolg van veroudering. Soos mens ouer word, vertraag jou metabolisme en neem die totale liggaamsvet geleidelik toe. Op hierdie tydstip is vroue is geneig om ‘n hoër vetpersentasie as mans te hê.

Groot probleem?

Mense met meer vet om die middel is meer geneig om gesondheidsprobleme te ontwikkel. Maagvet kan jou kanse om hartsiektes, diabetes en hoë bloeddruk te kry, vergroot.

Raak ontslae daarvan

Dit is baie belangrik om ‘n goeie en gesonde eetplan plan te volg. “You can’t out exercise a bad diet” sê Ansoné Hugo, ’n biokinetikus van Kimberley. Sy sê ook dit is ’n proses wat nie afgejaag moet word nie. Wees geduldig met jouself en stel haalbare doewitte. “Kardio-oefeninge, soos stap, draf, roei of fietsry, is die beste manier om vet te verbrand,” sê Hugo. Sy stel voor om maagoefeninge te kombineer met kardio-oefeninge.

5 Oefeninge wat fokus op die buikarea:

1. Sit ups

2. Ankle touches

3. Reverse crunches

4. Knee ups (bietjie makliker as straight leg raises)

5. Russian twists

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: