Noord-Kaapse vroue drink die meeste

Deel hierdie storie / Share this story

Vroue in die Noord-Kaap is van die strafste drinkers in vergelyking met die res van die land. Volgens Statistiek Suid-Afrika se demografiese en gesondheidsopname het minstens 6% van vroue in die provinsie tekens van drankprobleme getoon. Dit is minstens dubbeld die nasionale gemiddeld. Altesaam 10% van Noord-Kaapse vroue is meer geneig om drank in oormaat te gebruik, ook dubbel die nasionale gemiddeld.

Onverantwoordelike gebruik van alkohol neem toe

Die Noord-Kaapse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê meer vroue soek hulp, hetsy by nie-winsgewende organisasies of by rehabilitasiesentrums vir dwelmmisbruik. Gamiem Abrahams, woordvoerder van die departement, sê die onverantwoordelike gebruik van alkohol onder vroue neem toe.