Goeie ou dae

KIMBERLEY – Kinderdae met roomyskarretjies en die gevoel van opgewondenheid. FiND iT het aan ons lesers gevra wie die gevoel nog onthou.

Terugvoer van lesers

Die terugvoer van die lesers was verbasend. Daar is steeds dorpies wat hierdie herinnering laat voortleef vir die nuwe generasie.

Natasha Wiese, leser sê: “Hoe bring dit nou mooi herinneringe terug van my kinderdae. As ek by my ouma gaan kuier het, het my oupa altyd saam met my gewag vir die roomysman op sy fiets wat roomys bring.”

Roomyskarretjies nog steeds op dorpe bekend

FiND iT het ook terugvoer ontvang oor hoe die mense steeds op dorpe roomyskarretjies kry en ondersteun.

“Ek onthou hoe ons dit op korfbaltoere geëet het, na ’n warm dag op die veld was dit die eerste gedagte in ons kope. Selfs op ons klein dorpie Barkley-Wes het die roomyskarretjie afgekom in die strate,” sê Arno en Marieta Meiring.

“Dis die ou dae waaraan ons vashou,” sê Adriaan Vos.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *