Stefan Smit-moord: Zurenah in die hof

Deel hierdie storie / Share this story

STELLENBOSCH. – Zurenah Smit (55), die vermoorde boer Stefan Smit se weduwee, verskyn vanoggend vir die eerste maal in die landdroshof na sy haarself Maandag by die polisiekantoor oorgegee het.

Stefan is op 2 Junie 2019 op sy plaas deur drie mans doodgeskiet en die staat beweer dat Zurenah die moorde beplan het.

Twee mans is verlede Donderdag in hegtenis geneem en het Vrydag in die landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering om moord te pleeg, moord, huisroof, roof, intimidasie en regsverydering. Hulle saak is tot 17 Desember uitgestel.

Bron: Netwerk24