Brandweermanne vang Kersfees-verrassing

KAAPSTAD. – Brandweermanne moes vinnig spring toe daar ’n noodgeval was en hulle ’n baba moes vang.

Vrydag 11 Desember 2020 omstreeks 11:35 het ’n motor voor die brandweerstasie in Goodwood gestop en ’n bekommerde man het uitgespring en hulp gevra.

By nadere ondersoek het die brandweermanne gesien die vrou is in kraam en die baba is besig om te kroon. Die brandweermanne het die vrou gehelp om ’n gesonde babaseuntjie in die wêreld te bring, waarna die ma en baba na ’n hospitaal geneem is.

Foto: #CTNews

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *