#maakjoulittelos – Koeëlronde agterstewe dié somer

Die somer is hier en die kortbroekies word uit die kas gehaal. Hierdie was ’n besonderse moeilike jaar. Baie van ons het na die koskaste vir troos gedraai. Die kortbroeke sit stywer en die agterstewe hang laer.

Maar wat nou? 

’n Oefening wat die grootste spier in jou liggaam laat werk, verbrand die meeste kalorieë. Daarom is hurkoefeninge een van die beste oefeninge om die doen. Hierdie oefening gaan hoofsaaklik jou vierkopspier (quadriceps), agterdyspier (hamstring) en boudspier (glutes) werk. Hoe groter die spier wat saamtrek tydens die oefening hoe meer energie (kalorieë) verbrand jy.

Hoe om hurksitte uit te voer:

– Staan regop met jou voete skouerwydte uitmekaar uit. 

– Druk jou heupe terug terwyl jy jou knieë buig.

– Moet nooit met jou knieë oor jou tone beweeg nie. 

– Beweeg af tot jou knieë ’n 90⁰ hoek maak.

– Hou jou tone en hakke plat op die grond.

– Aktiveer altyd jou maagspiere vir stabiliteit.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *