BISHOPSTOWE. – Nóg ’n boer (58), sy vrou (60) en sy skoonpa (84) is Maandagaand om 18:00 op hulle suikerrietplaas op Bishopstowe in KwaZulu-Natal vermoor.
Volgens ’n bron het die egpaar se seun net voor 18:00 met hulle gepraat en toe hy hulle na 18:00 nie in die hande kon kry nie, het hy bekommerd geraak. ’n Familielid is later na die plaas toe om ondersoek in te stel waar hy op hulle liggame afgekom het.
Die suikerrietveld op die plaas is glo ook aan die brand gesteek.
FiND iT het navraag by die polisie gedoen, maar wag nog vir terugvoer. Hou FiND iT dop vir meer inligting.



