Seun spandeer R21 000 op aanlyn speletjie

Deel hierdie storie / Share this story

VERENIGDE STATE. – ’n Ma het met ’n groot skok agtergekom haar seun het R21 000 op ’n aanlyn speletjie spandeer.

Sy verduidelik dat sy tydens die pandemie van die huis af moes werk en haar seun het gereeld op sy tablet gespeel. Wat sy nie besef het nie, is dat hy, terwyl hy die videospeletjie, Sonic Forces, aanlyn gespeel het, versterkingspakkette aangeskaf het.

Die ma het opgemerk dat daar geld uit haar rekening verdwyn, maar het aangeneem dat dit ’n fout was en het ’n bedrogklag by haar bank ingedien.

Dit is eers later wat sy deur Apple uitgevind het dit is haar seun wat die geld op die speletjie spandeer het. Sy sê sy het glo nie geweet dit kan gebeur nie en sou dit nooit toelaat nie. “Ons kan nie eers ons huis hierdie maand betaal nie.”