Man verwoes motor van R5 miljoen

KAAPSTAD. – ’n Video van ’n man wat langs ‘n verwoeste McLaren 720S staan, is op YouTube gedeel. “Jy sal nooit een besit nie,” sê die man aan ‘n toeskouer.

Beheer verloor

Op die video lyk dit of die man met sy motor teen ‘n boom gebots het. Daar kan ook gesien word hoe die motor beskadig is. Maxin Bezuidenhoudt, die verkeersdepartement se woordvoerder, sê die man het na bewering beheer verloor en ‘n ongeluk veroorsaak.

“Jy kan nie bestuur nie. Hierdie is ‘n rykman se speelding,” is van die kommentaar wat op die video gehoor word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: