April 19, 2021

Op ‘n ligter trant

Foto: Freepik

Die man en die vrou kom by die werk. Nie een van dié twee is regtig lus vir die dag nie en begin só met mekaar gesels oor wie hulle baas sal kan oortuig om hulle die dag af te gee.

Hulle baas stap ‘n halfuur later by die kantoor in en sien die vrou hang aan die dak. “En nou? Wat maak jy daar bo?” vra hy. “Nee, Meneer, ek is ‘n lig,” sê sy. Hy antwoord haar en sê: “Nee wat, ek dink jy moet maar die res van die dag afvat!”

Die man begin toe ook oppak en sy baas vra hom: “En nou? Waarheen is jý op pad?” Hy sê: “Meneer, ek kan mos nie in die donker werk nie!”

Het jy miskien ‘n snaakse grappie of twee wat jy met ons lesers wil deel? Stuur ‘n e-pos na [email protected] met jou naam, van, waar jy vandaan is en jou grappie. Dit kan enigiets wees wat jou al laat lag het! Dalk publiseer ons joune.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: