February 25, 2021

Die geskiedenis agter die “lelike Kersfees-truie”

Jy het dit al baie winters of naby Kersfees gesien. Sommige is uit Oupa se kas gesteel en ander is doelbewus gebrei. Hierdie truie word onbeskaamd gedra na Kerspartytjies en op Kersdag self. Hoe en waar het hierdie eienaardige styl begin?

Image result for ugly christmas sweater 50's

Ugly Christmas sweaters” het hulle gewilde verskyning in die 50’s gemaak. Hulle was die eerste keer bekend as “Jingle Bell Sweaters.” Dit is van die begin af opgetooi met verskillende patrone en Kersversierings. Die doel van hierdie truie was nooit om lelik te wees nie – dit was egter baie kunstig en prettig. Hierdie mode het in die tagtigerjare op televisie bekend geraak. Die karakter wat hierdie vreemde truie met vreemde patrone gewild gemaak het, was Cliff Huxtable, van The Cosby Show.

In die 90’s het die gewildheid afgeneem, maar die mode het ’n draaipunt bereik toe die karakter Mark Darcy in die film Bridget Jone’s Diary in 2001 so ’n trui aangehad het.

Die 21ste Desember is die amptelike datum om jou kreatiewe Kersfees-trui aan te trek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: