‘n Móét-kyk program op KykNet: Megaboere

Deel hierdie storie / Share this story

Van vanaand af, 14 Desember, kan jy Megaboere op kykNET, kanaal 144 om 20:00, volg. Die vergrootglas word op die Noord-Kaapse Wildeklawer-boerdery geplaas.

Cassie Carstens, bemarkingsbestuurder van Wildeklawer, sê dit is ‘n mooi program wat onder andere bevestig hoe vier van Wildeklawer se grondvlak mense, wat op die plaas werk, gevorder het tot bestuursvlak. “Die program fokus ook op die Absa Wildeklawer Sport- toernooi en die Wildeklawer Sport Akademie.”

Carstens sê Wildeklawer beplan om in die nabye toekoms ‘n pa- en seundag aan te bied waar die plaas, landerye, houerdepot en twee pakhuise besigtig kan word. Meer inligting oor die pa- en seunbesoek (alhoewel mammas en dogters ook welkom is) sal op ‘n latere stadium, sodra COVID onder beheer is, gekommunikeer word.

Kyk gerus na die program en wat daar besigtig kan word.

Heruitsendings op kykNET is as volg:

Dinsdag 15 Des om 12:00
Woensdag 16 Des om 17:00
Vrydag 18 Des om 11:00
Saterdag 19 Des om 12:00
Sondag 20 Des om 07:00 en 21:00
Maandag 21 Des om 10:00.