Drie matrieks na eindeksamen dood

NOORDWES. – Drie matrieks is dood toe ’n minibustaxi op pad terug van ’n uitstappie om die einde van die eindeksamen te vier, in ‘n ongeluk betrokke was. 

Wendy Motsomela, die provinsiale LUR vir onderwys in die Noordwes, sê die uitstappie was ongemagtig. Sy sê ’n span is op die been gebring om hierna ondersoek in te stel. Volgens Motsomela word feestelike uitstappies nie gereël nie tensy dit opvoedkundig is. 

Drie minibustaxi’s is gehuur om die matrieks te vervoer. Een van die taxi’s was in die ongeluk betrokke. Ander leerlinge het ernstige beserings opgedoen. Die beseerdes is in ‘n hospitaal op Brits opgeneem. 

Die departement van onderwys gaan ook ouers met bragfnisreëlings help.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *