TURKYE. – Siddika Akkoyun (45) het gedink sy is swanger. Sy het gewig aangesit en winderig en opgeblaas gevoel tot dokters kon vasstel dis eintlik ’n gewas van 9 kg wat haar so pla.
Akkoyun, ’n vrou van Turkye, was vir jare oortuig dat sy net winderig is en dat die medikasie wat dokters vir die winderigheid voorskryf, net nie werk nie.
Toe Akkoyun uiteindelik ‘n tweede mening ingewin het en vir die dokters vertel dat sy voel asof sy swanger is, het hulle verdere ondersoek ingestel en vasgestel daar groei eintlik ‘n gewas in haar maag.
Die gewas wat ’n dokter uiteindelik uit haar buik kon verwyder, het ’n skrikwekkende 9 kg geweeg en was 32 cm lank.
Die grootte van die gewas het Akkoyun se slegte spysvertering, bloeddrukprobleme en opgeblaasheid veroorsaak.
Volgens Newsflash het die dokters haar deurentyd ondersteun en ná die operasie vir haar gesê: “Jy het ’n mooi gesonde baba.”



