Briefies aan Kersvader lyk anders dié jaar

Deel hierdie storie / Share this story

Verskeie instansies wat briefies aan Kersvader inneem in die hoop om minderbevooregtes ’n kans op ’n Kersgeskenk te gee, het opgelet dat vanjaar se briefies anders as vorige jare lyk.

Baie van die briefies vra eerder vir ’n kuur vir Covid-19, ouers om weer werk te vind of kos en klere.

Menige briefies het gesê hulle wil eerder nie die jaar Kersgeskenke hê nie, maar eerder een van die bogenoemde of vir ’n familielid om gesond te wees.

Die kinders se woorde weerspieël die verwoestende impak wat die voortdurende Covid-19-pandemie op gesinne regoor die wêreld gehad het.

Vanjaar is daar waarskynlik meer gesinne wat finansieel en emosioneel geraak word.