Kersfees is om die draai en sommige van ons het steeds nie ’n idee wat om vir ons geliefdes te koop nie. Life hack help jou om uit ’n ander persepsie vir jou geliefde ’n geskenk te koop.
Geskenke gee word oor die algemeen gesien as die uitruil van items. Wat jy gewoonlik doen, as jy ’n geskenk moet koop, is om vir jouself vrae te vra soos: Wat het hy/sy nodig?
Wat jy eintlik moet vra is, wat wil ek vir hierdie persoon sê? ’n Geskenk moet as ’n boodskap vir die persoon dien. Sommige geskenke kommunikeer afstand, ander intimiteit. Sommige sê: “Ek hou van jou kreatiwiteit”, ander: “Jy moet na jouself kyk” of “Jy verdien dit om mooi te voel”. As die geskenk se boodskap duidelik is, maak dit nie saak hoeveel die geskenk gekos het nie.
Wanneer jy ’n geskenk koop, vra jouself die volgende:
- Watse boodskap wil ek aan hierdie persoon gee?
- Wat kan ek vir hulle gee om dit te kommunikeer?
As jy hierdie ingesteldheid teenoor geskenke koop het, behoort dit alles te vergemaklik vir jou. Die betekenis van die geskenk is ook belangriker as die prys daaraan geheg.
Wees versigtig vir hierdie manier
Wees egter versigtig dat die gee van ‘n geskenk nie negatief opgeneem word nie. Party mense kan byvoorbeeld die ontvang van parfuum interpreteer as dat hulle dalk nie lekker ruik nie. Daar’s ook ’n probleem as jy niks positief te sê het oor ’n persoon nie, maar jy moet ’n geskenk aan die persoon gee. Gaan dan eerder terug na die ou manier van geskenk gee, deur jouself te vra: Wat het hy/sy nodig?



