Troeteldiere bring vreugde en onvoorwaardelike liefde in baie mense se daaglikse lewe. Hulle het ook ʼn positiewe effek op ons fisiese en geestelike gesondheid. Volgens HelpGuide is daar baie positiewe aspekte wat ‘n troeteldier het.
Voordele van troeteldiere:
- Honde let op na ons emosies en gedrag. Hulle verminder ons angs, spanning en depressie. As ʼn mens in aanraking kom met ʼn troeteldier het dit ʼn kalmerende effek.
- Honde moedig ons aan om te oefen, deur met hulle te speel en te stap.
- Honde dien soms as ʼn metgesel vir bejaardes en verminder eensaamheid.
- Troeteldiere gee die eienaar ʼn groter doel in die lewe, deur afhanklik van hulle te wees.
- Troeteldiere help eienaars om ’n roetine te kry. Meeste diere, veral honde, het ’n sekere skedule nodig waarby hulle moet eet en gaan stap. Dit forseer eienaars om op te staan en hul te versorg, wat die eienaar ’n roetine gee. ’n Roetine hou die dier en die eienaar gebalanseerd en kalm.
- ʼn Troeteldier help ook ʼn kind om verantwoordelikheid te leer, deur na hul om te sien.
- Studies het bewys die besit van ‘n haas kan help om die vlakke van die streshormone kortisol te verlaag, en die serotonien (“gelukkige hormoon”) in jou brein te verhoog
- Deur ʼn voël te leer praat en ander toertjies te leer doen, bevorder dit jou kognitiewe funksies. Voëls lewe ook baie lank en spaar jou dus die hartseer om elke paar jaar te moet afskeid neem
- Visse is dalk vervelige troeteldiere vir sommige mense, maar studies het bewys dat visse mens kan kalmeer.
Troeteldiere het dus ‘n positiewe effek op ‘n mens en kan selfs die wêreld vir hulle eienaar verbeter



