August 4, 2021

‘Mens kan nie in sulke omstandighede lewe nie’

“Die probleem kom nou al maande aan. Die reuk is ondraaglik. Ons het ook al rotte daar sien hardloop.”

Só sê Tiena Phillipson oor die vullis wat in die veld langs Merrimanstraat 88 gegooi word. Phillipson sê swartsakke, bourommel, bokse en alles waaraan mens kan dink, word net daar gegooi.

Het al gerapporteer

“Ons het al gesien hoe stop die mense daar en gooi hulle vullis in die veld,” sê Phillipson ontsteld. Volgens Phillipson is die probleem al by die Sol Plaatje-munisipaiteit en die raadslid van wyk 21 gerapporteer.

“Ek is bekommerd oor die mense wat naby die veld vol rommel bly. Daar is ‘n karavaanpark naby. Ek ken ‘n bejaarde oom en tannie wat daar bly. Die een is bedlêend. Jy moet ruik hoe stink dit in hulle karavaan van die vullis wat daar naby gestort word!”

Niks word opgetel nie

Phillipson sê die vullisverwyderingseenheid ry net daar verby. Sy sê niks van die sakke in die veld word opgetel nie.

“Ek sal aandag skenk aan die probleem. Ek verwys die klagte onmiddellik na die MB van die munisipaiteit,” AndrewAndrew Louw, hoof van die verkiesingsdepartement van die DA, Kimberley.

FiND iT het navraag by die Sol Plaatje-munisipaiteit gedoen en wag op terugvoer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *