Matrieks skryf nie vraestelle oor nie

Deel hierdie storie / Share this story

Die matrieks van 2020 gaan nie volgende week die uitgelekte wiskunde- en fisiese wetenskap vraestelle oor skryf nie.

Binnekort verklaring uitreik

AfriForum en Sadtu was twee van die organisasies wat die departement van basiese onderwys hof toe gevat het oor hulle besluit om vraestelle te laar herskryf. Elijah Mahlangu, woordvoerder van die onderwysdepartement, sê die departement van basiese onderwys bestudeer en verwerk tans die uitspraak. Daar sal binnekort ‘n verklaring uitgereik word.

Die vraestelle sou op 15 en 17 Desember oorgeskryf word.