KWAZULU-NATAL. – Kurt Darren het vyf ure terug op sy Facebook- en Instagram-profiel aangekondig sy vrou, Dunay, hulle twee kinders, Dunay se ma en haar ma se suster was in ‘n ongeluk betrokke.
Niemand is beseer nie
Die bekende Afrikaanse sanger gee nie baie besonderhede oor die ongeluk nie. Hy sê wel niemand is tydens die ongeluk beseer nie. Darren sê die ongeluk het op ‘n “verlate stuk hoofweg” gebeur. Volgens Rekordeast was Darren se familie Vrydag op pad na hulle vakansiebestemming. Darren het nog ‘n vertoning in Johannesburg bygewoon.
“Liewe, God. Ek wil net vir U sê dankie,” lui Dunay se inskrywing op Instagram.







